Tehuis vir bejaardes

HUIS LAFRAS MOOLMAN

Rawsonville

Een persoon wat omgee vir 'n ander verteenwoordig

die lewe se belangrikste waarde.

– Jim Rohn

WAT KAN JY VERWAG BY HLM?

Bekwame personeel

Plattelandse atmosfeer

Woonstel met eie tuin

Uitsig en natuurskoon

Daaglikse aktiwiteite

Klub 80 vir voornemende inwoners

HOE KAN JY BETROKKE RAAK?

ADOPT A GRANNY

Hier is heelwat inwoners wat eensaam is en soms net ‘n gesels, koekies of ‘n maand terug se tydskrif sal waardeer. Neem gerus ‘n ouma of oupa aan en maak so ‘n verskil in iemand se lewe.

KLERE SKENKING

Ons verwelkom graag klere skenkings. Frokkies, nagklere, rek broeke, handdoeke, waslappe en beddegoed is veral welkom.

TOILETWARE

Ons inwoners benodig gereeld babapoeier, aquas room, sneesdoekies, “roll on”, wit lyfseep, sjampoo, skeermesse, lyfsproei en volwasse doeke (grootte L en XL).

DONASIE

Maak ‘n finansiële bydrae en ons sal dit aanwend op die regte plek.

RAAK BETROKKE EN MAAK VANDAG 'n VERSKIL.

GELUKKIGE INWONER

“Ek is nou sewe jaar ‘n inwoner van HLM. Na drie jaar kry ek ‘n ruim sonnige kamer. My ma was ook hier vir amper ag jaar en sterf in die ouderdom van 102 jaar en 6 maande. In die somer word in die tuin tee gedrink onder die koeltebome, met verswaktes in rolstoele. Wintertyd is die sonkamer daar vir gesels en ontspan. Afleiding is daar genoeg bv. sang, oefeninge, boekvoorlesing en speletjies. Die personeel versorg ons met liefde en toewyding. Wat kan ons meer vra?”
Esmé Viljoen
Inwoner
Huis Lafras Moolman is vir my ouers Botha & Magda (oorlee) de Wet ‘n vriendelike en veilige omgewing om in te woon. Die personeel het soveel deernis & liefde. Pa Botha word elke dag in sy kamer bederf met al die versorging wat hy benodig om sy lewe vir hom makliker te maak. Die kos is smaaklik en word baie mooi voorgesit. Die beheerliggaam doen hulle deel om die geboue baie goed instand te hou en altyd te sorg vir vernuwing binne in die hoofgebou. Die eetsaal is pragtig versier met muurpapier wat Slanghoek na die inwoners bring. Huis Lafras Moolman bo!!
Anna-Lou Fourie
DOGTER VAN INWONER

VIND ONS BY

29 Brand straat, Rawsonville, 6845