VISIE EN MISSIE

LIEFDE IN AKSIE

Om ‘n liefdevolle, uitnemende en volhoubare versorgingsdiens daar te stel waarbinne gelukkige, goedversorgde ouer persone kan woon.

ONS WAARDES

Geregtigheid

Tree altyd billik en regverdig op en vermy alle vorme van diskriminasie. Skep ‘n oop en konstruktiewe omgewing waar daar ten alle tye met waardigheid teenoor medemens opgetree word. Verstaan die behoefte van ons kliënte en spreek dit aan. Kommunikeer met openlikheid en eerlikheid.

Rentmeesterskap

Om die mense, finansies en bates wat tot BADISA se beskikking gestel word, verantwoordelik en eerbaar te bestuur. Handel slegs met die werklike feite en heersende toestande. Ken jou mark en omgewing. Eer beloftes. Neem persoonlik verantwoordelik vir resultate.

Uitnemendheid

Ontwikkel uitdagende kort- en langtermyn doelwitte. Stel ‘n standaard vir dienslewering. Dryf aanhoudende verbetering van kwaliteit van dienslewering. Lewer goeie resultate. Uitvoering deur feite – goeie bestuursinligting en spoedige optrede. Skep energie, vermy burokrasie. Wees aanpasbaar en gereed vir verandering. Werf, identifiseer, bemagtig en ontwikkel mense wat die beste van hulself en ander verwag. Gee erkenning aan prestasie en inisiatief.

Diensbaarheid

Streef daarna om die verbruiker se belange, regte en nood eerste te stel deur ‘n relevante, bekostigbare kwaliteit diens te lewer in samewerking met die rolspelers. Goeie verhouding met die plaaslike kerke te handhaaf en gemeentes en gemeenskappe se betrokkenheid te verhoog.

HLM Personeel

Betsie van Zyl

Bestuurder

Linda Herzog

Admin | BoekhouEr

Heidi Jonker

Hoofverpleegkundige

VERPLEEGPERSONEEL

TUIN TEGNIKUS

GAWIE ARENDSE

BEHEERRAAD

  • Voorsitter – CJ Meiring
  • Ondervoorsitter – AB Rossouw
  • Finansies – S du Toit
  • Predikant – WP du Plessis
  • Dokter – A Weideman-Crawley
  • Polisie – SS Dlepu
  • Bestuurder –  EM van Zyl
  • Inwoner – FJJ van der Westhuizen
  • Ander – E du Toit, M Pekeur